• Tuisblad
  • Gallery
  • Jeug
    • Tuisblad
    • Foto's
  • Omgeegroepe
  • Bedieninge
    • Basis
    • Bo
    • Binne
    • Buite
    • Kommunikasie
  • Kalender
  • NG Umhlanga
    • Inligting
    • Kontak Persone
    • ngkerk.org.za

Buite

"Uitreikaksies waarby gemeente betrokke is."

Voorsitter van Buite Steunpilaar

Ds. Nico Janse van Rensburg, 082 927 5742

Aflaai

Care (0.61 MB)

Uitreikaksies

KwaDukuza (Louis Meyer, 082 781 9317)
KwaDukuza behels evangelisasie, opleiding van Vigsberaders, opleiding van Kleuterskool onderwysers, bouwerk waar nodig in die gemeenskap en kosbediening. Die projek is in samewerking met plaaslike en internasionale rolspelers en daar word gepoog om die omstandighede van die gemeenskap te verbeter.

Malvern Kinderhuis (Desiré Boshoff, 083 282 4881)
Malvern Kinderhuis bestaan uit 10 huise en Umhlanga gemeente is verantwoordelik vir Huis 6, wat huisvesting bied aan 12 hoërskoolseuns. Hulle word maandeliks besoek en van tyd tot tyd op uitstappies geneem.

Tafta (Amanda Baillie, 078 775 6489 )
Tafta is verantwoordelik vir die versorging van veral minderbevoorregte seniors. Die instansie is afhanklik van skenkings vir die grootste deel van hulle inkomste en maak in 'n groot mate gebruik van vrywilligers. Die sentrums word een maal per maand besoek deur ons gemeente, waar daar 'n kort interaktiewe diens gehou word waaraan almal entoesiasties deelneem. Daar word ook veral toiletware en nie-bederfbare voedsel voorsien en tydens die besoeke word daar tee en 'n eetdingetjie bedien.

Isinkwa setheku (Brood vir Durban) (Maryna Jordaan, 031 561 7878)
Brood vir Durban is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat liefdadigheidswerk doen onder die haweloses in Durban se middestad. Dit is 'n interkerklike aksie en vrywilligers van alle gemeentes word uitgenooi om die aktiwiteite mee te maak. Die aktiwiteite behels 'n kwartaallikse Potjiekos Uitreik waar 'n ete verskaf word in die vorm van 'n "bunny chow", 'n vrug en koeldrank. Verder is daar 'n weeklikse besoek aan skuilings ("shelters") waar mense in haglike omstandighede probeer oorleef.

CSO/Biblia (Nico Janse van Rensburg, 082 927 5742)
Die Christen Seemansorganisasie (CSO) en Biblia doen evangelisasie onder seemanne. Plaaslik is hulle werksaam in die Durban hawe waar hulle poog om met soveel as moontlik seemanne te skakel en die evangelie met hulle te deel. Daar word ook musse en basiese benodigdhede aan die seemanne verskaf.

CARE (Annamarie Kotze, 082 473 6580)

CARE (Christian AIDS Response and Education) is 'n interkerklike, vrywillige instansie wat berading verleen, kospakkies verskaf en besoeke bring aan families wat geraak word deur Vigs. Hulle poog om die tradisionele familie sisteem en gemeenskap waardesisteem te herstel waarin die gemeenskappe verantwoordelik is vir die versorging van kinders, insluitend wesies. Die sentrum verskaf ook opleiding in basiese rekenaarvaardigheid en handwerk, en het met 'n groentetuin-skema begin.

Lesotho
Die sendingstasie by Maphutseng in Lesotho versprei die evangelie onder boere en gebruik boerdery as vervoermiddel hiervoor. In die proses word boere nie net selfonderhoudend nie, maar ook Christene wat hulle geloof verder in hulle gemeenskap uitdra. Die sendingstasie is voortdurend besig met die opleiding van predikante en dienswerkers wat weer die evangelie verder in Lesotho versprei.

Tuinsig (Maryna Jordaan, 031 561 7878)
Tuinsig Sentrum vir Seniors bied huisvesting aan sowat 140 persone wat deur ons gemeente ondersteun word deur besoeke en ook fondse t.o.v. kruideniersware en kroniese medikasie. Ons is ook betrokke by die jaarlikse Karnaval en Lentetee.

Bybelverspreiding (Vakant)
Die gemeente het 'n jaarlikse teiken van een Bybel per lidmaat.

Ander

  • Jeshurun (Indiër gemeente)
  • Die gemeente voorsien hulp aan individue soos waar benodig.

Kalender

Daar is geen datums beskikbaar nie.

Weeklikse Kalender

Bybelskool
Dinsdagaande om 18:30
Woensdagoggende om 10:30
Donderdagaande om 18:30

Jeugaande
Vrydagaande om 18:00

Kalender 2013 (0.08 MB)

BNUUS

12 May 2013 (0.00 MB)

02 June 2013 (0.00 MB)

Voetspore

09 June 2013 (0.00 MB)

16 June 2013 (0.00 MB)

Gebedsbrief

09 June 2013 (0.00 MB)

16 June 2013 (0.00 MB)

Bybelstudiegids

Junie 2013 (0.12 MB)

Mei 2013 (0.08 MB)

NG Kerk Umhlanga 2012

Designed & Maintained By w3designs