Tuisblad
Wie Is Ons?
Die gemeente se visie is: Om in Jesus se voetspore te volg. Wanneer ons dit vir mekaar sê, onthou ons Jesus se woorde in Mat 16:24 en 25: "As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry."Om in Jesus se voetspore te loop beteken ons is 'n Liefdesgemeenskap, 'n Geloofsgemeenskap en 'n Verkondigingsgemeenskap. Ons het God en ons naaste en die wêreld lief. Ons glo in Jesus en in die almag van God. Ons verkondig Jesus se liefde en genade aan die wêreld.
Waardes
Umhlanga handhaaf die volgende waardes: Die tien gebooie is die riglyn waarvolgens ons ons lewens inrig. Dit gaan nie oor die letter van die wet nie maar soos Jesus dit saamvat in Mat 22 wanneer Hy leer dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself. 1 Kor 13 leer ons hoe hierdie liefde in die praktyk lyk en ons streef daarna dat hierdie liefde in ons gesien kan word.
As geloofsgemeenskap aanvaar ons die 12 Artikels as die kernwaarhede wat ons geloof verwoord. Dit is ook ons droom dat elke lidmaat die vrug van die Gees sal dra soos dit in Gal 5:22 beskryf word nl liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Kalender
Nagmaal
(Datum: 26 May 2013, Tyd: 09:00:00)
Basaar
(Datum: 07 June 2013)
Weeklikse Kalender
Bybelskool
Dinsdagaande om 18:30
Woensdagoggende om 10:30
Donderdagaande om 18:30
Jeugaande
Vrydagaande om 18:00
BNUUS
Voetspore
Gebedsbrief
Bybelstudiegids
Kalender 2013 (0.08 MB)